
=====================================================================
ONS LESERS SKRYF: Voorstelle vir 'realiste' (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


ONS LESERS SKRYF: Voorstelle vir 'realiste'

Dr. Edwin de la H. Hertzog, voorsitter Medi-Clinic Korporasie Beperk, ondervoorsitter Rembrandt Groep Beperk, raadslid Universiteit van 
Stellenbosch.

Sy artikel oor die verskansing van Afrikaans in die vorige Afrikaans Vandag beindig prof. Anton van Niekerk met die woorde: "Ten slotte 
kan ons saamstem dat dit waarskynlik beter is om meer te doen en minder te praat oor wat ons behoort te doen."

Minstens het hierdie woorde my gestimuleer om pen op papier te plaas!

As sakeman wil ek graag 'n paar konkrete voorstelle maak wat waarskynlik nie gewild sal wees nie, maar wat myns insiens die beste uitweg 
uit 'n redelik onbenydenswaardige situasie kan wees. Prof. Van Niekerk verwys na die "stryders en skeptici". Hopelik is daar egter ook nog 
ruimte vir "realiste" wat met hierdie voorstelle akkoord kan gaan.

Afrikaans is in 'n stryd gewikkel, en in 'n stryd waar daar nie op mekaar geskiet word nie, kan daar net onderhandel word. Dit is 'n 
kwessie van gee en neem totdat albei partye 'n posisie bereik waarmee hulle darem min of meer kan saamleef.

Die huidige situasie met elf amptelike landstale is 'n oorgangstadium en dit is op die langer termyn net nie 'n haalbare, praktiese of 
kostedoeltreffende opsie nie. Bitter min mense verwag ook dat dit die geval gaan wees, of daar nou grondwetlike beskerming daarvoor bestaan 
al dan nie. As al elf tale nie gelykwaardig hanteer word nie is dit ook nie regverdig om te verwag dat Afrikaans vanwe historiese redes en 
omdat dit die derde mees algemeen gesproke taal is, as 'n begunstigde tweede taal hanteer moet word nie. Om die huidige situasie te 
verander is egter moeilik en riskant en kan veral van Afrikaanssprekendes ernstige emosionele weerstand ontlok. My vermoede is dat die 
Regering juis die bekommerdste van alles oor hierdie weerstand onder Afrikaanssprekendes is indien hulle die taalbeleid sou begin verander.

Dit laat die vraag ontstaan of hierdie faktor nie nou juis 'n troefkaart is om te gebruik in 'n onderhandelingsituasie nie: probeer beskerm 
wat werklik van oorlewingsbelang vir Afrikaans is, naamlik moedertaalonderrig tot op voorgraadse vlak (of dan vir minstens drie jaar 
naskoolse opleiding). Aansluitend hierby moet Afrikaans ook as amptelike provinsiale taal erkenning kry in daardie provinsies waar getalle 
dit regverdig. Albei hierdie relings moet dan sonder enige voorbehoude en afskepery verder toegepas word.

Dit beteken dus wel dat Afrikaanssprekendes Engels as enigste amptelike landstaal sal moet aanvaar, maar in ruil daarvoor word bostaande 
permanente twee toegewings ontvang. Op provinsiale vlak sal Engels plus nog een of twee verdere tale amptelike erkenning ontvang, en by 
opvoedkundige instellings waar die huidige getalle dit regverdig, sal moedertaalonderrig proaktief uitgebou kan word. Dit is nie ideaal 
nie, maar tog realisties en regverdig.

'n Aparte onderwerp wat hierby aansluit, maar wat waarskynlik nog moeiliker en meer met emosie belaai is, is wat om te doen met die huidige 
volkslied met sy twee liedere en vier versies in vier verskillende tale. Hoewel klaarblyklik goeie vordering op skoolvlak met die leer 
daarvan gemaak word, twyfel ek of die huidige bedeling oor tien jaar steeds van toepassing gaan wees.

Moet Afrikaanssprekendes nie dalk hulle nou al eerder beywer dat net twee versies gesing word nie: die eerste een in Engels en die tweede 
een in die taal wat mees geskik is vir die geleentheid, die provinsie of die instelling waar dit gebruik word? Byvoorbeeld, Engels en 'n 
swart taal by 'n sokkerwedstryd of Engels en Afrikaans by 'n rugbywedstryd. Dit sal sake ook vereenvoudig as net een lied gesing word. Mooi 
Afrikaanse woorde bestaan reeds vir N'kosi sike-lele.

In 'n onderhandelingsituasie moet jou skuiwe gemaak word wanneer jy soveel stewige grond as moontlik onder jou voete het. Die vraag is of 
Afrikaanssprekendes ooit iets anders sal kan doen as om te onderhandel en of die grond ooit stewiger onder ons voete gaan raak? Daar mag 
heel moontlik ander voorstelle gemaak word oor wat om te gee en wat om te neem, maar ek dink die antwoord op bogenoemde twee vrae is 
redelik voor die hand liggend.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av749.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

